Madeliefies, baie lag en hope pret by konferensie

Die streek se 18de konferensie

Die Vroue Landbou-Unie Carpe Diem-streek se konferensie was ’n oggend gevul met baie lag, madeliefies uitdeel en natuurlik wenners aankondig.

Die streek se 18de konferensie het Saterdag, 2 Maart plaasgevind.

In haar toespraak het me. Cindy Coetzee, president van Carpe Diem-streek gesê elke Carpe Diem-vriendin moet elke geleentheid dié jaar aangryp, dit blink vryf en opdollie en met elke takvergadering, konferensie en kongres spog met talente wat ontwikkel.

Cindy Coetzee en Debbie du Plessis.

“Talente lê nie net in handvaardighede nie, vroue landbou-unie ontsluit ook die leierseienskappe in jou oop.”

Vanjaar gaan die vroue landbou-unie baie klem op orgaan- en weefselskenking lê.

Twee gaste, me. Surain Goosen en Nicorené van Wyk het die dames laat oorloop van borrelende lag met hul lagterapie-sessie.

“Lag verlaag stresvlakke,” het Surain tussen die geproes gesê.

Debbie du Plessis en Lida Posthumus.

Azaria-tak het die stof in die ander se oë geskop en het 4 555 takpunte ingesamel.

Hulle is aangewys as die algehele tak wenners in die streek en die provinsie.

Hulle is ook die tak met die meeste inskrywings vir die jaar en spog met 68 van die 312 inskrywings Me. Debbie du Plessis is weer aangewys as die streeksvoorsitter en me. Lida Posthumus die streek se skakelbeampte.

WITBANK NUUS het die oggend saam met die dames geniet en nooi lesers uit om na die foto’s te gaan kyk op www.witbanknews.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version