Man voed duisende met 12 ton aartappels

Sy het bygevoeg dat hulle betrokke is by die KOB (Koornfontein, Optimum, Blinkpan)- aksie en Helpende Hand kan gekontak word vir enige donasies in die verband

‘Faith like potatoes’ is ’n frase wat almal ken.

Dit het ’n werklikheid geword toe ’n goedhartige boer, 30 ton aartappels geskenk het om te versprei aan diegene wat dit benodig.

Solidariteit se Helpende Hand het hierdie skenking op Vrydag 8 Maart ontvang. Me. Annemarie van Heerden (streeksvoorsitter) het gesê dat hulle reeds 12 en ’n half ton vir Derdepoort Helpende Hand geskenk het.

“Soos ons dit kry, deel ons dit uit. Daar is nie spesifieke mense waarheen dit gaan nie, so ons gaan dit, onder andere aan skole, ouetehuise, kerke en die gemeenskap gee. Ons wil almal wat hierby betrokke was, asook die persone wat dit verniet vervoer hiernatoe hartlik bedank. Ook vir Nashville wat altyd die plek beskikbaar maak vir ons. Ons kon die aartappels hier laat aflaai en van hier af uitgee,” het Annemarie gesê.

Isabel Moolman, Sonja Bester, Annemarie van Heerden, Juliana Moolman, Sanet Kriek en Baby Scheepers.

Sy het bygevoeg dat hulle betrokke is by die KOB (Koornfontein, Optimum, Blinkpan)- aksie en Helpende Hand kan gekontak word vir enige donasies in die verband.

“Die werknemers kan ons kontak, asook skenkers wat ’n bydra wil maak.”

Hierdie spesifieke boer, met die grootste hart wil Annemarie en haar span uit hul harte bedank, aangesien hy al vantevore 60 ton patats ook geskenk het.

“Ons is opreg dankbaar. Woorde kan dit nie beskryf nie en ons waardeer almal se onvoorwaardelike bydrae,” het Annemarie ten slotte gesê.

Exit mobile version