Local newsNews

Hof stel uit keer op keer

Daar word beweer dat die redes vir die uitstel van sake is omdat hofrol maande vooruit vol is

Sake in Witbank Landdroshof word die een na die ander uitgestel.

Op 28 Februarie was nog vier sake wat op die hofrol verskyn het, uitgestel.

Daar word beweer dat die redes vir die uitstel van sake is omdat hofrol maande vooruit vol is, polisie ondersoeke soms sake vertraag en verdagtes wat op borgtog vry is, nie vir hul volgende verskyning opdaag nie.

’n Voorbeeld van ’n vertraagde saak is die een van Hannetjie LasT teen die staat wat al in 2016 ʼn aanvang geneem het en eers uitspraak gehad het in 2019.

Donderdag is nog ʼn saak vir verdere ondersoek uitgestel in Hof B.

Die saak was dié van Karabo Ngoni wat in Oktober 2017 op heterdaad betrap is waar hy dagga aan ’n minderjarige probeer verkoop het.

Hy is steeds op borgtog uit en sal op 2 April gevonnis word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button