MunicipalNews

Waterstryd terwyl water spuit

Die water en dienslewering in eMalahleni is elke betalende inwoner se kopseer

As dit nie waterpype is wat kraak nie, is dit watermeters wat bars.

Die water en dienslewering in eMalahleni is elke betalende inwoner se kopseer al vir ’n geruime tyd, maar wat word daaraan gedoen?

Die afgelope week is meer as vier voorvalle gerapporteer waar daar òf ’n waterpyp is wat gebars het òf ’n watermeter wat lek.

Op 3 Februarie douvoordag het klagtes aan die lig gekom van ’n gebarste pyp in Minervalaan.

Op 5 Februarie word nog ’n klagte ontvang oor ’n watermeter wat liters water lek in Reynostraat, enkele ure na die eerste klagte word daar nog ’n watermeter wat gebars het aangemeld in Dixonstraat.

“As dit so in een uitbreiding gaan, wil ek nie eens weet watter probleme in die hele dorp aangaan nie,” het ʼn inwoner, mnr. Petrus Botha gesê.

Daar word verder gerapporteer dat nog ’n lekkende pyp aangemeld is by die munisipaliteit ’n geruime tyd terug en dat die pyp in Capricornstraat weer na die regmaak gebars het.

WITBANK NUUS het die munisipale woordvoerder, mnr. Kingdom Mabuza gevra vir terugvoer oor hoekom die pype en meters so op ʼn streep bly bars, maar ongelukkig geen terugvoer gekry voor druktyd nie.

 
Back to top button