CrimeNews

Klein besigheid, groot skade

Die winkeltjie wat net verby die Klarinet treinspoor geleë is

Drie rowers het by ’n klein superette groot skade aangerig; nie net fisies nie. maar ook emosioneel.

Die winkel eienaar het gebieg dat drie verdagte mans op 8 Februarie in sy winkel ingekom het om klaarblyklik sigarette te koop.

Die kassier het glo die verdagtes gehelp toe een van die booswigte ’n vuurwapen op haar rig.

Dis toe waar die ander twee die eienaar in sy kantoor oorval het en aangedring het op kontant.

Die winkeltjie wat net verby die Klarinet treinspoor geleë is, is glo met baie skade agter gelos nadat die verdagtes met ’n onbekende getal geld en sigarette op vlug geslaan het.

Die personeel van die kleinhandelaar ly steeds aan skok na die hele voorval.

Nog geen arrestasies is gemaak in verband met die rooftog nie, maar Witbank Polisiestasie ondersoek die saak.

Back to top button