Laat die water visse vrek?

Die waterprobleme in ons midde is al lank ’n probleem maar nog nooit was dit so ernstig dat visse wat vrek

’n Inwoner van eMalahleni het die afgelope week gebieg dat sy kosbare koi-visse by die dag vrek in hulle dammetjie.

Die waterprobleme in ons midde is al lank ’n probleem maar nog nooit was dit so ernstig dat visse wat vrek, oppervlak nie.

Gedurende die stadsraad vergadering op 31 Januarie is die waterkrisis bespreek waarop daar gesê is dat die munisipale waterbehandelingsaanleg in eMalahleni nie ontwerp is om die veselstowwe in ons water op te los nie, soos byvoorbeeld die mangaan en yster en dis die rede hoekom inwoners se water ’n onaangename reuk het.

“En so gan my visse dood,” het die boodskap van die inwoner gelui saam drie foto’s aangeheg.

Dit is nog nie bekend of dit wel die water is wat die dood van die visse veroorsaak het nie maar is daar ’n groot kans dat dit wel is.

Die inwoner het al vir jare lank sy koi-dammetjie in sy tuin en nooit met so probleem gesit nie.

“Ons water stink so erg, is so vuil dat ons soms twyfel of ons dit in die huis wil gebruik. Deesdae kook ek water en laat dit afkoel net sodat my babatjie in skoon water kan bad. Want as die water visse kan laat vrek, watter siektes lê daar nie dan ook in die water nie,” het ’n inwoner vies ten slotte gesê.

WITBANK NUUS het kommentaar oor die probleem aangevra by die munisipaliteit maar het geen terugvoer voor druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version