Local newsNews

Jou weggooi goed gee hoop

Januarie is al goed op dreef en talle mense het al begin om kaste skoon te maak

Jou tweedehandse goed gee ‘n jongmens kans om te gaan studeer.

Januarie is al goed op dreef en talle mense het al begin om kaste skoon te maak.

Dit gebeur ook dat daar baie items is wat nie meer gebruik word nie en nou moet iemand gekry word om dit weg te ry.

Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak sal die las vinnig van jou skouers afhaal.

Enigiets kan by dié skenkingswinkels, afgegee word,van ou kastrolle tot daardie beeldjie wat op die kaggel staan en stof opgaar.

Alles kan in ʼn japtrap verwyder en terselfdertyd kan behoeftige gesinne gehelp word.

En wat gebeur met die tweedehandse ware wat geskenk word?

Dit word alles vir ʼn goeie doel terug in die gemeenskap ingeploeg.

Uit die opbrengste van die verkope wat uit die skenkings gemaak word, stel ons onder meer studiefondse beskikbaar vir studente wat kwalifiseer om verder te gaan studeer, maar nie die nodige fondse het om dit te doen nie.

As jy van ou klere, linne, kombuisware, speelgoed, boeke, sporttoerusting of meubels wil ontslae raak skakel vir Helene Schoeman wat jou meer oor Die Winkel sal vertel.

Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel is geleë in die Wersea Gebou, Jeanettestraat tussen Fruit & Veg en Cashbuild.

Gaan besoek gerus ook Ons Winkel Witbank op Facebook.

Helene kan gekontak word op 082 891 9098.

Back to top button