Piet vang nog Rinkhalse

Piet Wassenaar weereens bedrywig met slange vang

In die afgelope paar weke, sedert Januarie afgeskop het, was Piet Wassenaar weereens bedrywig met slange vang.

Hy het ongeveer 14 gevang sedert die begin van die jaar, waarvan sewe Rinkhalse is.

Hy het gewaarsku dat die slang ‘n bak maak, en inwoners moet op die uitkyk wees hiervoor.

“Ek doen ook ‘n dringende beroep op inwoners om nie slange op te tel wat dood voorkom nie, aangesien dit een van die grootste kenmerke van ‘n Rinkhals is. Hy maak of hy dood is,” het Piet gesê. “Indien jy so vier meter wegstaan van die slang af, sal jy veillig wees, aangesien die Rinkhals spoeg.”

Piet kan gekontak word om slange veilig te verwyder.

Hy is geregistreer by die Mpumalanga Parkeraad en kom haal slange en los dit op ‘n veilige plek.

Hy het vertel dat hy drie Rinkhalse die afgelope naweek gevang het.

Van ‘n baba-slang tot ‘n 1.25 meter lang Rinkhals.

Hy doe nook ‘n beroep op inwoners van eMalahleni om hom onmiddelik te kontak indien daar enige slange gewaar word, en om hulle nie leed aan te doen nie.

Piet se kontaknommer is 072 808 1390 vir enige slangvoorvalle.

Exit mobile version