CrimeNews

Chris leef voort in almal se harte

Die drie verdagtes het glo op vlug geslaan met ’n silwer Isuzu bakkie.

Die nuus dat ’n oud-inwoner van eMalahleni brutaal vermoor is in sy eie erf, het skokgolwe oor die dorp gelaat.

Dit is beweer dat mnr. Chris Williams, (31) op 14 Januarie, by sy huis in Potgietersrus vermoor is.

Williams was die oudste van drie kinders en het skool gegaan en groot geword in eMalahleni.

Sy suster, me. Yvette Luus se man, mnr Theo Luus het aan die WITBANK NUUS vertel van die gebeure kort voor sy dood.

“Drie mans het die Sondag, 13 Januarie na ’n motorfiets wat Chris op sosiale media geadverteer het, gaan kyk by sy tuiste. Toe op die Maandag aand het dieselfde drie mans om 19:30 weer gegaan om die transaksie van die motorfiets te voltooi,” het Luus vertel.

Dis toe beweer dat die verdagtes saam Williams in die motorhuis ingegaan het, waar een van die verdagtes die motorhuis deur agter hulle toegemaak het.

“Dit was toe in die tyd dat die verdagtes hom oorrompel het. Hy het ’n vreeslike bakleiery opgesit soos die garage deur uit die muur uit geruk is,” het hy bygelas.

Daar was drie groot mes wonde onder andere in Williams se nek en bors waar een steek deur sy hart was.

Die drie verdagtes het toe op vlug geslaan toe Williams met sy laaste asem om hulp skree.

Die drie verdagtes het glo op vlug geslaan met ’n silwer Isuzu bakkie.

“Al drie verdagtes is gearresteer op 15 Januarie. Ek weet een is die middag in hegtenis geneem en die ander twee later die aand. By twee van die verdagtes is die selfoon wat gebruik is om Chris te kontak gevind, die mes asook Chris se karsleutels,” het Luus ook vertel.

Beide sy broer Wayne Williams en suster is nog vreeslik geskok oor die tragiese manier waarop hy gegaan het.

Chris se begrafnis sal plaasvind op 25 Januarie om 11:00 by die Hervormde Kerk Suid, geleë by 15 SturdeeLaan, Witbank.

Williams is in Augustus 2018 getroud met Rouxnet Williams en sou die jaar met ’n gesin begin het.

“Hy is ons broer, man, seun, versorger, beskermer en vir altyd ons beste vriend. Ons sal jou nooit vergeet nie, al die herinneringe maak ons nogsteeds lag, huil en jou verskriklik baie mis. Jy sal verewig in ons harte wees. Lief vir jou vissie.”

Man killed inside farm house

Alleged revenge killing at Kusile leaves man dead

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button