“Ons besittings het ook in die brand vergaan”

Die huis wat in vlamme vergaan het op 25 Oktober op die Leeuwpoort-plotte het meer as net een gesin gehuisves.

Die huis wat in vlamme vergaan het op 25 Oktober op die Leeuwpoort-plotte het meer as net een gesin gehuisves.

Die een gesin is die Potgieters, die eienaars en die tweede gesin is die Hammans, die huurders.

Tydens die brand het die Hamman-gesin ook al hul besittings verloor.

“Die brand het bo begin, maar het ons helfte van die huis heeltemal verwoes, amper al ons besittings het in die brand vergaan,” het mnr. Deon Hamman vertel.

Na bewering het Hamman en sy seun die vuur probeer blus nadat dit op die boonste verdieping ontstaan het.

ALSO READ

Huis brand af wyl gesin met vakansie is

“Gelukkig is dit alles net aardse goed” – Gesin verloor huis in brand

“Ons was buite by my bakkie toe ek die rook uit die dak sien kom, ek en my seun het opgehardloop boontoe en dis toe die jongste Potgieter seuntjie uit die kamer uitgehardloop kom,” het Hamman vertel.

Hamman en sy seun het handdoeke in die swembad natgemaak en opgedra boontoe in ’n poging om die vuur te blus.


Die helfte van die huis is waar die Hamman-gesin gewoon het.

Die Hammans het ’n paar goed dringend nodig. Indien jy wil help of ’n skenking wil maak, kan jy gerus vir Deon Hamman skakel: 061 708 1484.

Die belangrikste benodigdhede wat die gesin nou kort is beddens, kaste, kruideniersware en klere.

Die gesin bestaan uit ’n man, ’n vrou, twee seuns ̶ een is 15 jaar en die ander is 25 jaar oud, asook ’n klein dogtertjie.

Exit mobile version