Verdagtes het planne gehad

Twee verdagtes is gearresteer nadat hulle vermoedelik by ’n huis wou inbreek.

Twee verdagtes is gearresteer nadat hulle vermoedelik by ’n huis wou inbreek.

Reaksielid van die South African Community Crime Watch (SACCW), mnr. Flip Opperman het vertel dat hy op 11 Oktober gekontak is vir ’n vermoedelike huisinbraak wat aan die gebeur is.

Die betrokke huis is langs ’n kleuterskool en een van die werknemers van die skool het gesien hoe mans in die erf ronddrentel en deur die vensters klim.

LEES OOK

SACCW doen dit weer

Nog suksesverhale vir SACCW

“Die een was in die motorhuis en die ander verdagte het die badkamer se venster gebreek en het daar deurgeklim,” het Opperman gesê.


Die twee verdagtes wat vermoedelik by ’n huis wou inbreek.

“Ons was daar voor die mans iets uit die huis kon steel en wegkom.”

’n Panga is ook in een van die verdagtes se besit gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version