CrimeNews

Sekuriteitswag aangeval vir stroombrekers

’n Sekuriteitswag was aan diens by ’n petrolstasie in Verena toe ’n wit Toyota Quantum bakkie met vyf mans in hom ’n onverwagse verskyning gemaak het.

’n Sekuriteitswag was aan diens by ’n petrolstasie in Verena toe ’n wit Toyota Quantum bakkie met vyf mans in hom ’n onverwagse verskyning gemaak het.

Op 22 September, omstreeks 03:15, het ’n wit motor stilgehou by die petrolstasie. Vyf mans het uitgeklim en die sekuriteitswag oorrompel.

Volgens die sekuriteitswag was een van die vyf mans gewapen met ’n handgeweer, terwyl twee ander verdagtes pangas gehad het.

LEES OOK

Petrolstasie-rooftogte vlam weer op

Moeilikheid makers van eMalahleni in Mosselbaai vasgetrek

Die vyf mans het vier stroombrekers gesteel. Dit word beraam dat die petrolstasie se verlies as gevolg van die roof ongeveer R24 000 is.

’n Saak van gewapende roof was oopgemaak by die polisie, maar daar is nog geen arrestasies gemaak nie.


’n Verena sekuriteitswag en petrolstasie het onder die gebeurtenisse van daardie oggend gely.

As jy enige kennis dra van die misdaad of enige persoon jou onlangs genader het om stroombrekers of hulle parte aan jou te smous, nader asseblief die polisie met die inligting op 013 655 5052 of besoek U naaste SAPD-kantoor.

Check Also
Close
Back to top button