Lugtyd-bedrieër weer doenig

Inwoners word gemaan om versigtig te wees vir ’n man wat mense vang met ’n slenter om lugtyd te bekom.

Inwoners word gemaan om versigtig te wees vir ’n man wat mense vang met ’n slenter om lugtyd te bekom.

WITBANK NUUS het al in die verlede berig oor die man wat homself voordoen as ’n plaasboer wat buite die dorp woon. Dit blyk dat verskeie mense die afgelope week weer genader is en selfs slagoffers was van dié slenter.

Die man wat homself ‘Gert Brahm’, ‘Bertie Botha’ of ‘Boet’ noem, teiken gewoonlik welsynsorganisasies of organiseerders wat funksies aanbied vir welsyn.

Hy bied aan om ’n skenking te maak van twee skape en reël dan dat die geslagte skape by sy plaas opgelaai word – die plaas is glo net anderkant Pineridge op die Verena-pad of langs die ou-Middelburgpad.

LEES OOK

Besighede die teiken

Pasop vir skelms wat jou bedrieg by ’n OTM

In vandag se tyd is mense maar net te bly vir enige skenkings en vermoed nie altyd onraad nie.

“As jy oppad is daarheen, bel hy jou en vra of jy asseblief vir hom lugtyd kan koop, hy sal die kontant vir jou gee as jy daar aankom. Hy is kort-kort in kontak om te hoor hoe ver jy is. Dan bel hy en vra of jy solank die lugtyd vir hom kan stuur aangesien sy lugtyd nou klaar is,” het een van die mense wat genader is, vertel.

Nodeloos om te sê, as jy die lugtyd aangestuur het, is die man en die beloofde skape skoonveld en die nommer wat jy bel, bestaan nie meer nie.

Die polisie is besig met ’n ondersoek om die man vas te trek. Die moontlikheid dat dit ’n sindikaat is, is nie uitgesluit nie.

Exit mobile version