Poedelnaak en vol dwelms

’n Man het hom verbeel dat hy in 1852 leef en boonop ‘Adam en Eva’ in ’n erf gespeel, nadat hy heel gemaklik daar rondgedrentel het.

’n Man het hom verbeel dat hy in 1852 leef en boonop ‘Adam en Eva’ in ’n erf gespeel, nadat hy heel gemaklik daar rondgedrentel het.

Op Woensdag, 8 Augustus, het ’n man oor die hek en elektriese heining geklim en heel ‘casually’ daar rondgeloop. So vertel ’n inwoner van die huis wat tuis was tydens die insident.

“Ek het nie geweet wat die man hier soek nie. Hy het hier rondgeloop, maar het klere aangehad. Hy het die blomme gevryf asof dit troeteldiere is en het so bietjie aan die tuinliggies en ornamente gekarring. Hy het wel een tuinliggie afgehaal wat in sy besit was toe die polisie daar aankom. Hy het ook in die lapa in my pa se werkers se sakke gevroetel, seker om te kyk of daar iets te steel was. Ek het gestaan en hom deur die kombuisvenster dopgehou,” het die inwoner vertel.

Hy het bygevoeg dat hy nie geweet het wat die man soek nie en was bang dat daar miskien nog iemand in die erf was wat hy nie opgemerk het nie. Die inwoner het vertel dat hul bediende met groot oë by hom aangekom en vertel het dat die man nou sy klere uitgetrek het in die agtererf.

“Ek het die paniekknoppies seker ses keer gedruk. Jy skrik jouself boeglam as ’n man net hier inkom en rondloop en dan nog sy klere ook uittrek!” het die inwoner laggend vertel.

LEES OOK

Kinders van dwelms

Polisie se oog is op dwelms

Hy het bygevoeg dat die sekuriteitsmaatskappy opgedaag het en verder met die man gewerk het.

“Reaksielede van die SACCW (South African Community Crime Watch) het gesê dat die man heel waarskynlik op dwelms was en dit die rede vir sy optrede was. Die man is toe in hegtenis geneem,” het die inwoner vertel.

Me. Maureen Scheepers, operasie koördineerder van die SACCW wat op die toneel was het gesê dat die man erken het dat hy ‘rocks’ en ‘crystal meth’ gerook het.

“Ek het hom gevra waar hy dit gekoop het, en hy het gesê dat dit uit die lug geval het want Lucifer kyk na sy kinders,” het Scheepers gesê.

“Die dwelmgebruikers moet op hul hoede wees. Ons het die laaste tyd baie gevalle gekry van gebruikers wat op heroïne oordosis en nou hierdie ‘mal’ optrede. Daar is beslis sterk dwelms op ons stad se strate en ons sien herhaaldelik hoe gebruikers anders geaffekteer word en steeds hul daaglikse dwelm gebruik.”

Met die polisie se aankoms by die toneel, het die man gesing ‘bad boys, bad boys, what you gonna do?

“Hy het ook na die geweer in die beampte se sy gekyk en gesê: ‘Take a clear shot. Ek wil nie meer hier wees nie’,” het Scheepers gesê.

’n Saak van betreding is by die polisiestasie geopen.

“Jy dink aan baie dinge wanneer ’n vreemde man in jou erf ronddrentel en maak of dit sy eie is. Ek was bang, jy skrik vir jou lam en hy het beslis iets te steel gesoek. Seker om dit weer te verkoop. Hy het ook gesê sy naam is Satan Lucifer,” het die inwoner laggend afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version