CrimeNews

Raap en skraap vir ‘scrap’

Besighede, huise, kerke en enige perseel word deesdae ’n teiken van “trolliediefstal” in eMalahleni.

Besighede, huise, kerke en enige perseel word deesdae ’n teiken van “trolliediefstal” in eMalahleni.

Talle inwoners verneem al vir ’n tydperk lank dat die ‘onskuldige’ stootkarretjie outjies agter baie meer as hul trollies vol blikkies sit.

Op 5 Julie is die bewerings bewaar toe twee van die trolliemans op heterdaad betrap is met gesteelde koperpype.

“Daar is die afgelope tyd baie beweging in ons area as dit kom by diefstal,” het ’n inwoner van Reynorif op die toneel gesê.


’n Beweerde trolliedief op heterdaad betrap in ’n inwoner van Reynorif se erf besig om koperpype te steel, op 5 Julie.

Die eienaar van die huis waar die eerste verdagte gewaar is, het glo geluide buite sy huis gehoor en dadelik ondersoek gaan instel.

“Toe ek buite kom toe sien ek die ou is besig om ’n geiserpyp af te steel. Ek het op die Afriforum groep uitgeroep vir bystand na ek die man gevang het,” het die eienaar, Corné van der Nets van die huis gesê.

LEES OOK

Video: Dief steel kamera uit voertuig

Wandeling deur die winkel voor hy steel

Enkele minute na die voorval het reaksielede van Afriforum en SACCW (South African Community Crime Watch) op die toneel gekom en die polisie ontbied.

“Op pad na die toneel is van ons reaksielede in kennis gestel dat daar een verdagte op vlug geslaan het toe die eerste verdagte gevang is. Lede het die area gepatrolleer en vinnig op die ander verdagte afgekom,” het Maureen Scheepers van SACCW gesê.

’n Jaagtog het plaasgevind en op die N4 Snelweg tot ’n einde gekom toe Flip Opperman die tweede verdagte gevang het en gewag het vir die polisie.


Die tweede verdagte is vasgetrek op die N4 Snelweg enkele minute na hy probeer vlug het van die toneel in Reynorif op 5 Julie.

Daar word beweer dat die trolliediewe hul daaglikse raap en skraap vir ‘scrap’ aan plaaslike skrootwerwe verkoop.

“Die twee mannetjies wat gevang is, is bekende gesiggies in die buurt en het ek hulle al voorheen gesien met hul trollies deur die strate loop, dag in en nag uit,” het ’n inwoner van Reynorif ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button