Local newsNews

Piet Wassenaar ken van slange hanteer

Slangkenner, Piet Wassenaar het dié ‘Ball Python’ gevang en in veilige bewaring losgelaat.

’n Uitheemse slang is in Reynorif gevind.

Slangkenner, Piet Wassenaar het dié ‘Ball Python’ gevang en in veilige bewaring losgelaat.

Hy het gesê dat mens mag nie uitheemse spesies in die natuur loslaat as jy nie meer die slang wil hê nie.

“Dit veroorsaak probleme met die inheemse spesies, wat kan veroorsaak dat ander slange uit hul areas gedryf word.

Hy het bygevoeg dat hy gelukkig nog nie voorvalle gekry het van slangspesies wat gekruis is nie, maar dit nie onmoontlik nie is nie.

LEES OOK

Huisslang toe al die tyd swart mamba

Luislang se kind kom tweede toe Melissa hom vang

“Dit kan veroorsaak dat daar nie meer suiwer inheemse spesies is nie. Soos byvoorbeeld die groenkop-eend (Mallard) wat ’n ernstige bedreiging vir inheemse eendsoorte is, aangesien die nageslag vrugbaar is en ’n genetiese besoedeling veroorsaak,” het hy bygevoeg.

Die Ball Python kom in warmer areas voor. Soos in tropiese areas, byvoorbeeld in sentraal- en Wes-Afrika.

Die slang is tans in veilige bewaring, aangesien hy spesiale verhitting nodig het, as gevolg van ons huidige weerstoestande.


Ball Python.

Piet doen ’n beroep op die publiek, dat wanneer hulle die slange koop en dit te groot raak of hulle nie meer die slange wil hê nie, hulle iemand in kennis moet stel om die slang te kom haal.

“Moenie die slange in die natuur loslaat nie.”

Indien ’n slang gewaar word en veilig verwyder moet word, kontak Piet by 072 808 1390.

“Hou die slang dop en kyk waarheen dit gaan. Hou ’n veilige afstand van minstens vier tot vyf meter tot die slang veilig gevang kan word,” het hy bygevoeg.

Piet het ’n permit om slange veilig te verwyder en ’n meer permanente blyplek vir hulle te soek.

Indien bogenoemde Ball Python jou troeteldier is, kontak vir Piet, om die slang terug te besorg.

Hy het ten slotte bygevoeg dat geen inheemse spesies aangehou mag word sonder ’n permit nie. Hewige boetes kan toegedien word hiervoor.

Dit sluit diere soos skilpaaie, krimpvarkies en verkleurmannetjies in, om slegs ’n paar te noem.

Back to top button