CrimeNews

Meisie met mes gesteek in Elandstraat

Vir Susan Arendse* (16) en haar gesin het verlede naweek nie op ’n goeie noot afgeskop nie.

Vir Susan Arendse* (16) en haar gesin het verlede naweek nie op ’n goeie noot afgeskop nie.

Vrydag 15 Junie het Arendse, haar suster en ’n vriend na ’n superette in Elandstraat geloop toe ’n man na hulle aangestap kom. “Susan ken hom nie, maar sy sal hom kan uitken. Die man het ’n mes oopgemaak en het gemik om Susan se tas te gryp. Die vriend wat saam hulle was, het gehardloop en gaan hulp soek,” het me. Magda van den Berg vertel.

Sy het bygevoeg dat die man vir haar ander dogter gesê het om verder te loop, anders sou hy Susan se keel afsny.

“Sy het so paar meter geloop en toe gemaak of sy flou val. Die verdagte man het Susan se selfoon in haar sak gevoel, en met die mes vir Susan se gesig gemik. Sy het gekeer en die mes is in haar arm,” het Magda verder vertel.

LEES OOK

Man (45) dood na mes-moord

Hande en voete vasgebind en 13 keer gesteek

“Ek het daar aangekom, omstreeks 15:00 en dit was net bloed. Ek het haar na Witbank Hospitaal gehaas, waar sy steke gekry het, maar nie daar vir skok behandel is nie.”

Magda het gesê dat Susan tans behandeling by die skool ontvang vir die trauma, na die voorval.


Susan Arendse* (16).

Me. Maureen Scheepers, operasie koördineerder van die SACCW (South African Community Crime Watch) het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om nie alleen in die straat te loop nie.

“Wees ten alle tye bedag van wat om jou aangaan en moet nie met jou kosbare items loop waar dit sigbaar is nie. Vermy ook om op jou foon te gesels en waar dit sigbaar is vir verdagte mense,” het Scheepers ook gesê.

Indien daar noodgevalle in die Reyno Rif area is, kontak Lucas Smith op die Whatsapp-groep op 071 014 4792.

*’n Skuilnaam is gebruik om die identiteit van die slagoffer te beskerm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button