Gewapende roof eis kontant en selfone

Twee sake van gewapende roof is by die Witbank Polisie geopen verlede week, nadat selfone en kontant gesteel is.

Twee sake van gewapende roof is by die Witbank Polisie geopen verlede week, nadat selfone en kontant gesteel is.

Op Saterdag 26 Mei het ’n ryloper teëspoed opgetel toe sy selfoon en kontant gesteel is. ’n Man het glo langs hom gestop in Watermeyerstraat met ’n silwer Ford Fiesta.

Die slagoffer het aan die polisie vertel hoe drie mans binne die kar was en een gesê het dat dit sy werk is om glo mense se besittings te vat.

LEES OOK

Ses jaar agter tralies vir gewapende roof

Gewapende rowe eis sy tol
’n Vuurwapen is in die slagoffer se rigting gewys, sy selfoon en kontant is gevat en hy is op die Bethal-pad afgelaai. Die verdagtes is onbekend.

Op Donderdag 24 Mei was ’n vrou die slagoffer van ’n ryloper in Beattystraat. ’n Vrou het in die rigting van die slagoffer gestap en glo die slagoffer se hand gegryp. ’n Selfoon is gesteel.

Beide sake word nog deur die polisie ondersoek en geen arrestasies is in dié verband gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version