MunicipalNews

Munisipaliteit maak R433 853.02 blaps

Kan jy jou voorstel as jy ’n munisipale rekening van R433 853.02 ontvang?

Kan jy jou voorstel as jy ’n munisipale rekening van R433 853.02 ontvang?

“Ons was verslae. Ek het dadelik begin sommetjies maak en probeer op en af tel hoe hulle by die bedrag uitkom,” het me. Caroline Steenkamp gesê.

Volgens Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit het hulle R433 853.02 geskuld op hul Maart rekening.

Na verskeie navrae by die munisipaliteit het hulle by WITBANK NUUS kom aanklop vir raad.

LEES OOK

Account frustration boiling over

AfriForum Witbank-tak oorhandig wenslys aan munisipaliteit

Die rekening is dadelik deur die hoof finansiële offisier, Me Jabulile Hlatshwayo opgeneem en nadat daar weer sommetjies gemaak is en die regte lesings deurgegee is, is die Steyns R2 125.32 in krediet.


Natasha Steyn met hul munisipale rekening van R433 853.02

“Ons is so dankbaar. Ons huis is in die mark en dié rekening het voornemende kopers sommer die hasepad laat kies,” het me. Steyn gesê.

Die Steyns gaan New Zealand toe emigreer.

WITBANK NUUS het verskeie foutiewe rekeninge aan die stadsraad uitgewys.

Hierdie rekeninge is intussen reggemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button