Seun wag al 10 jaar vir antwoorde ná pa se dood

In ’n netjiese sitkamer by Silwerfleur Aftreeoord in Ga-Nala dam trane in mnr. Jimmy Brown (58) se blou oë op.

In ’n netjiese sitkamer by Silwerfleur Aftreeoord in Ga-Nala dam trane in mnr. Jimmy Brown (58) se blou oë op.

Daar is al 10 kalenders in sy gedagtes deurgeblaai. Na die voorval waarin sy pa, mnr. James Frederick Brown in 2008 dood in ’n polisiesel gekry is, is Jimmy geen tree nader aan die waarheid nie.

“Ek onthou die oggend van die voorval so duidelik. My pappie het kom inloer waar ek werk. Hy het ’n wit en pienk gestreepte hempie aangehad. Hy het gesê hy gaan sakesentrum toe want hy wil my ma gaan soek. Hy het in sy bakkie geklim en daarheen gery. Eers later daardie and het ek gehoor hy is dood,” het Jimmy vertel.

Brown is daarvan beskuldig dat hy ’n sjokolade gevat het en nie daarvoor betaal het nie. Omdat hy aan Alzheimersiekte gely het, het sy familie reëlings met winkeleienaars en -bestuurders in die dorp gemaak dat hulle na die tyd sou kom betaal as hy vergeet het om te betaal vir goedjies wat hy gevat het.

LEES OOK

Alzheimer-moordsaak word in Junie voortgesit

Burger moord – een getuie geroep

By Shoprite het die voorval heeltemal anders uitgedraai.

“Die sekuriteit het my pappie met pepersproei gespuit, jeugdiges het hom van agter af geslaan en geskop toe hy skouerhoog agtertoe gedra is. Die lykskouing het verskeie kneusplekke en wonde aan my pappie se liggaam uitgewys.”

Brown is na Kriel polisiestasie toe gevat waar sy familie vir ure moes wag voor hulle hom kon sien. Hy is om 18:40 op sy rug in die sel gevind waarna ’n dokter ontbied is.


Mnr. Jimmy Brown wil graag antwoorde hê na sy pa se dood in 2008.

Hy is aan ’n hartaanval dood.

Jimmy het vir ’n oomblik stil geraak en hartseer gesê sy ma, Rosa is op 19 Junie 2010 dood. Sy was ’n hartlyer.

“Nou is dit net ek, my boetie John en my sus Rose-Marie Steyn. Ons wil net finaliteit hê en die hoofstuk toemaak.”

Volgens die geregtelike doodsondersoek is iemand verantwoordelik vir sy dood en die staat het besluit om te vervolg. ’n Voormalige reservis word aangekla van Brown se moord.

Hy het nog nie gepleit nie en word dus anoniem gehou. Die saak het Maandag 7 Mei in Kriel Landdroshof voorgekom en is uitgestel tot 18 Junie. Die reservis word deur advokaat George Mashabane verteenwoordig.

Shoprite het nog nie gereageer op ’n e-pos wat aan hulle gestuur is om uit te vind wat van die sekuriteitsbeamptes geword het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version