Local newsNews

Voetganger deur twee voertuie getref

’n Voetganger wat oor die R555 wou loop is blykbaar deur twee voertuie wat in teenoorgestelde rigtings beweeg het, raakgery.

’n Voetganger wat oor die R555 wou loop is blykbaar deur twee voertuie wat in teenoorgestelde rigtings beweeg het, raakgery.

Die ongeluk het Sondag 15 April plaasgevind


Die slagoffer is na bewering deur twee voertuie op die R555 raakgery (foto: verskaf).

Mnre. Rassie van der Lith en Willie van der Merwe van AfriForum-buurtwag, asook Theo Luus van die South African Community Crime Watch het bystand gelewer en ER24 is na die toneel ontbied.

LEES OOK

Voetgangers doodgery, familie soek

Twee dood op N4

Me. Estie Biela, paramedikus van ER24, het gesê dat die slagoffer hoof- en borsbeserings, asook ’n fraktuur aan sy regterbeen opgedoen het.

“Ons het hom na Witbank Hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Biela Maandag 16 April gesê.


Die toneel waar paramedici van ER24 die voetganger op die R555 behandel het (foto: Theo Luus).

Daar word beweer dat die slagoffer deur ’n Kia en Mazda raakgery is, maar teen druktyd kon die inligting nie bevestig word nie.

Geen verdere inligting oor sy toestand was teen druktyd beskikbaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button