Boemelaars snuif en spuit jou geld uit

Haweloses is deesdae op elke hoek en draai te sien. Elk met ’n bordjie wat smeek vir kos.

Haweloses is deesdae op elke hoek en draai te sien. Elk met ’n bordjie wat smeek vir kos.

‘Barmhartige Samaritane’ wat verby hulle ry prop hierdie bedelaars se sakke vol geld.

Op Woensdag 11 April is hawelose mans, wat bekend daarvoor is om in Mandelastraat te staan en bedel, met dwelms betrap. Die man wat sy hardverdiende geld in ’n boemelaar se hand stop, voer sy dwelmverslawing.


Die span wat betrokke was by die inhegtenisname van verdagte mans op Woensdag 11 April. Neels Grobler, Theo Luus, Hendrik Engelbrecht, Flip Opperman en Frik van Dyk.

Mnr. Freddie de Wit het op Donderdag 12 April die walglike omstandighede beskryf waarin die mans bly, en hoe vuil hulle is om mekaar se spuitnaalde te deel.

“Daar is nie eers geriewe by die plek wat hulle hul lêplek maak nie. Dis vuil,” het De Wit gesê.

“Ek het Frik van Dyk van die SACCW (South African Community Crime Watch) gekontak, nadat ek gevra is om wagte by die gebou te pos. Ek het bystand gevra om die mense te verwyder indien daar enige sou wees, aangesien die gerugte bestaan het dat hawelose mans hier slaap. Danksy Frik en sy span, het hulle die ouens deursoek en hope dwelms gekry.”

LEES OOK

SACCW doen dit weer

‘Gaan open ’n saak!’ smeek polisie en SACCW

Polisie is na die toneel ontbied en die mans is in die polisievoertuig gelaai, maar met ’n waarskuwing vrygelaat.

“Ek het gesê as ek hulle weer op die perseel kry, slaap hulle in die tronk. Frik en sy span, knap gedaan. Julle doen uitstekende werk en dankie vir alles. Sonder julle sou hierdie nooit gebeur het nie. Daar is geen kostes aan hul werk betrokke nie, hulle doen dit om misdaad in die dorp te bekamp,” het De Wit bygevoeg.


Dwelms wat in die mans se besit gekry is.

Hy het ook gesê dat die publiek na vore moet kom indien hulle bewus is van misbedrywe en dwelmgebruikers in ons stad, dat hulle van die strate verwyder kan word.

“Vir Johan Lewis, dankie dat jy saam my was en die SACCW doen dinge op die regte manier. Daar is nie vuiste wat swaai en mense wat baklei nie. Die diens van die polisie was uitstekend en baie vinnig. Ek gee vir die span van SACCW 100%.”

Me. Maureen Scheepers van die SACCW het bygevoeg dat alhoewel die oorspronklike klagte van mans was wat oortree het, hulle hierdie dwelms in die mans se besit gekry het.

“Die verdagtes is alombekende gesigte in Mandelastraat en nou kan die publiek die bewys sien, waar hul geld eintlik heen gaan. Ons moedig die publiek aan om op te hou om hierdie mense se dwelmverslawing te voed deur vir hul geld in te stop vir ‘kos’.”

“Hierdie is gesonde mans wat nie werk nie. Ek is in ’n rolstoel en ek werk. As jy nie wil werk nie, moet dan nie. Gee net vir my jou bene dan kan jy gaan rondlê soos jy wil,” het De Wit ten slotte afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version