CrimeNews

Kapers verkies nuwe voertuie

Voertuigdiefstal is steeds aan die toeneem, en polisie waarsku om paraat te wees ten alle tye.

Voertuigdiefstal is steeds aan die toeneem, en polisie waarsku om paraat te wees ten alle tye.

Op 6 en 7 April is voertuie gesteel, een in OR Tambostraat en een in Klarinet.

In eersgenoemde voorval het die slagoffer op 7 April omstreeks 23:50 by ’n verkeerslig in OR Tambostraat gestop. Hy het vertel hoe ’n grys Audi voor sy Mercedes Benz ingetrek het en vier mans uit die voertuig gepeul het. Hulle het hul vuurwapens op die slagoffer gerig en hom beveel om in die agtersitplek van die voertuig te sit.

Die slagoffer het aan die polisie vertel hoe hulle deur die donker nag gery het, tot waar die pad vir hom ’n onduidelike toekoms geword het. In die bosse, waar die voertuig uiteindelik tot ’n stilstand gekom het, is die slagoffer deursoek en sy selfoon, horlosie, kontant en beursie is gevat.

LEES OOK

Kapings vind plaas tussen inwoners

Verwag enige tegniek vir kapings

Hy het verder gesê hoe die mans geld uit sy rekening onttrek het en ook gevra het of die voertuig ’n opsporingstelsel het. Hy het dit bevestig en hy is beveel om hulle te los.

Hy het geloop, glo tot waar sy paaie met ’n hawelose man gekruis het. Hierdie man het sy hande losgemaak en hy is na die naaste polisiestasie om ’n saak te open.

Die Mercedes se registrasienommer is: JGF 351 MP.

Op 6 April is nog ’n voertuig gesteel, maar hierdie keer in Klarinet. Die man het vertel hoe hy niksvermoedend sy voertuig in die erf getrek het en alles gesluit het, toe ’n vuurwapen skielik op hom gerig is.

Een van die mans het hom beveel om sy Toyota Hilux te oorhandig.

Hy het vertel hoe hy sy eie lewe wou spaar, en gedoen het wat die mans beveel het. Die voertuig se registrasienommer is: HTL 615 MP.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button