Local newsNews

Voertuig tref vrou langs die pad

’n Vrou is vroeër die week in Monastraat, Modelpark deur ’n voertuig gestamp.

’n Vrou is vroeër die week in Monastraat, Modelpark deur ’n voertuig gestamp.

“Ek was op soek na ’n straat in daardie omgewing en nie eintlik opgelet oor hoe die dames langs die pad gesit het nie, ek was wel bewus van hulle,” het die bestuurder van die voertuig gesê.

Dit word beweer dat die slagoffer vir die voertuig geskrik en haar bene opgelig het.

LEES OOK

‘Die ongeluk het toe gebeur’

Tref-en-trap eis ‘n lewe

“Dis toe ek dink my voertuigwiel haar getref het,” het die bestuurder gesê.


’n Inwoner besig om haar huishulp te troos net na sy deur ’n voertuig raakgery is op 26 Maart in Monastraat.

Op die toneel het die werkgewer van die huishulp in trane by haar “Anna” gesit en haar getroos terwyl sy saggies bly sê het, “jy gaan okay wees my Anna.”

ER24 Ambulansdienste het die vrou na Witbank Hospitaal geneem.

“Ek praat wel met die vrou se werkgewer en sy is op die oomblik in Witbank Hospitaal. Ek is onder die indruk dat sy op 27 Maart geopereer word,” het die bestuurder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button