CrimeNews

Vrouens glo in bos verkrag

Sy het na hom geroep en die verkragter het toe glo weggehardloop.

Twee vriendinne is verlede week in ’n bos verkrag.

’n Onbekende man het Vrydag, 23 Maart geoffer om die twee vrouens, wat ’n aamrygeleentheid gesoek het huistoe, te help.

Hy het hulle egter in ’n bos langs die Bethal-pad afgelaai, sy vuurwapen uitgehaal en hulle beveel om hul klere uit te trek.

Hulle was ook beveel om plat te lê, waarna die slagoffer hulle glo verkrag en verwurg het.

LEES OOK:

The rape of a minor has been reported

Three years later, a 16-year-old girl opens up about her rape

Daarna, is die een vrou glo aan ’n boom vasgemaak en met ’n belt verwurg.

Die ander slagoffer is na ’n ander bos geneem en die verdagte het glo gedreig om haar dood te maak.

Dit was byna lig toe een van die slagoffers en die verkragter na die pad geloop het, waar die vrou haar kêrel gesien het.

Sy het na hom geroep en die verkragter het toe glo weggehardloop.

Die man het die verkragter glo agternagesit, maar kon hom nie inhaal nie.

’n Saak van verkragting is by die polisiestasie geopen en die ander slagoffer is ook nie by die toneel gevind nie.

Die saak word steeds ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button