Dit was so lekker om oor die naweek saam met Bobby van Jaarsveld te kon kuier.
Bobby het Saterdag 24 Maart by The Venue by The Ridge opgetree.
Daar het ’n heerlike gees geheers en konsertgangers het tot baie laat gekuier.
Bobby het die optrede sy eie gemaak en op ’n ontspanne manier die hele gehoor in sy liedjies ingetrek.
Hy het ook bietjie van sy kinderjare hier in eMalahleni gedeel.