CrimeNews

Burger moord – een getuie geroep

“Die lewe is so wreed. Ek het my hele gesin in een aand verloor.”

Net een getuie is geroep om te getuig oor die dubbel moord wat eMalahleni in 2016 geskok het.

Mnr.Stanley White was een van die eerste mense op die moordtoneel in die vroeë oggendure van 20 Augustus 2016.

Hy het getuig hoe hy en kol. Gerhard Westrate gesukkel het om toegang na die huis te kry nadat hy ’n oproep ontvang het dat ’n gesinstragedie daar afgespeel het.

Me. Yvette Burger (39), wat WITBANK NUUS kort na die skietery openhartig vertel het hoe sy haar ma me. Ester Burger (62) en 35-jarige suster Caren met haar ma se 9mm geskiet het, het ingedagte na White se getuienis op Donderdag 22 Maart geluister.

Haar pa, mnr. Lloyd Burger het in die koue gang buite die streekshof gesit en elke keer as die hof se deur oopgaan hoopvol gekyk of hy net ’n glimps van sy dogter kon kry.

“Ek het daardie aand vyf stywe Whiskeys en slaappille gedrink en gaan slaap,” het hy gesê. Hy was glo heeltemal onbewus van die moord.

“Die lewe is so wreed. Ek het my hele gesin in een aand verloor,” het hy gesê.

’n Kragonderbreking kort na 13:00 het genoodsaak dat die saak uitgestel word na Donderdag 29 Maart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button