CrimeNews

Vermeende dief loop sy rieme styf

Die inwoner van die huis was baie verlig nadat Afriforum so gou reageer het.

AfriForum Buurtwag het ’n vermeende dief in sy spore gestuit nadat hy by ’n huis ingebreek het.

Die voorval het Maandag, 19 Maart by ’n woning in Jackaroopark plaasgevind.

“Ons het ’n oproep ontvang van ’n inwoner wat om hulp gevra het in Jackaroopark. Met aankoms van ons reaksielede het die verdagte op vlug geslaan” het mnr. Jan Hendrik Ras van AfriForum Buurtwag verduidelik.

Die inwoner van die huis was baie verlig nadat Afriforum so gou reageer het.

Die gebreekte glasvenster by die tuiste waar ’n verdagte ingebreek het.

LEES OOK:

Paramedici jaag skroewedraaier-dief

Suspect caught in Heide Street

Die reaksiespan het hom agternagesit, maar het hom verloor nadat hy die bos ingehardloop het.

“Die man het by die ander kant van die bos uitgestap en gemaak of niks gebeur het nie” het Ras vertel.

Die verdagte het skielik begin hardloop toe hy weer die reaksiespan gewaar.

“Hy is toe oor die muur in Eileenstraat vasgekeer” het Ras bevestig.

Die verdagte het baie gebloei en na verdere ondersoek is dit bevind dat hy sy hand beseer het by die huis waar hy ingebreek het toe hy ’n venster stukkend geslaan het. Die verdagte is deur Witbank Polisie na die polisiestasie geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button