Hondekinders word geteiken in Ga-Nala

Honde is nie meer veilig in Ga-Nala nie. Hondevergiftigings is aan die toeneem.

Honde is nie meer veilig in Ga-Nala nie. Hondevergiftigings is aan die toeneem.

Me. Belinda de Jager is gebroke omdat haar hondekinders op 10 Maart vergiftig is. Hulle bly in Highlandstraat.

“Ek het Bella gekoop toe sy sewe weke oud was en dit was verlede week haar vyfde verjaarsdag gewees. Lyla het ek gekoop toe sy ses weke oud was en sy sou op 6 Oktober vier jaar oud gewees het,” het Belinda gesê.


Die De Jager-gesin se bull terriërs is vergiftig.

“Ons honde kom deur die dag binne in ons huis in en speel reg rondom ons huis. In die aande het ons hulle agter toegemaak,” het De Jager gesê.

LEES OOK

Honde vergiftigings neem toe

‘Two step’, die wals van die dood

Sy het gesê die persone wat hul hondekinders vergiftig het, het voor in die straat geloop en hulle hek oopgebreek. Bella en Lyla het dit gehoor en begin blaf.

“Die verdagtes het om al die huise gestap agter in die veld in en die gif agter oor die muur gegooi om hulle stil te maak. My man was twee keer uit om ondersoek in te stel toe die honde blaf, maar het niks gesien nie.”

Skaars 650m verder in Skylinestraat is daar twee dae voor die geval op 8 Maart by die Grobbler-gesin se huis ingebreek.

“Dit was die eerste inbraak in ons huis,” het me. Chantel Grobbler gesê.

<img src="https://www.citizen.co.za/witbank-news/wp-content/uploads/sites/105/2018/03/ze124-2-Copy.jpg" alt="" width="800" height="600" class="alignnone So lyk die skade aan me. Chantel Grobbler se wendyhuis.

Haar buurman se honde is vergiftig. Die verdagtes het in die buurman se erf in ’n boom geklim en toe oor die muur na die Grobblers se erf.
Dieselfde oggend ongeveer 07:20 het sy in Highlandstraat gery en ’n man op ’n pers en wit fiets waargeneem wat foto’s en video’s van huise op sy selfoon geneem het.

“My foon was ongelukkig nie by my nie, anders kon ek foto’s van hom neem en as vrou alleen kan ek nie waag om in so situasie te stop nie,” het sy gesê.

Me. Grobler is baie ongelukkig oor die polisie wat eers drie ure nadat sy hulle gebel het, opgedaag het.
Die polisiewoordvoerder van Kriel Polisie was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Exit mobile version