Paramedici jaag skroewedraaier-dief

In die vroeë oggendure van Maandag 19 Februarie, omstreeks 02:50 het ’n verdagte man vir meer as ’n halfuur voor ’n winkel in Geringerstraat rondgedwaal.

“Die dief kon nie verder steel nie, omdat ons hom gesien en gejaag het,” het mnr. Gene Jacobs van Legacy Emergency Specialists gesê.

In die vroeë oggendure van Maandag 19 Februarie, omstreeks 02:50 het ’n verdagte man vir meer as ’n halfuur voor ’n winkel in Geringerstraat rondgedwaal.


Die verdagte wat by ’n winkel in Geringerstraat ingebreek het op Maandag 19 Januarie.

Hy het daarna ’n venster agter die toonbank gebreek en ingeseil, vermoedelik op soek na items om te steel.

LEES OOK

Verdagtes vasgetrek tydens inbraak

Soveelste inbraak by besigheid

Mnr. Andrè Minnaar het gesê dat op die beeldmateriaal wat die kameras opgetel het, kan daar duidelik gesien word hoe die man geld of rekenaarskerms soek.

“Hy het die geldtrommel deur die venster uitgehaal en gesien daar is niks in nie. Gelukkig het ons slotjies aan ons rekenaarskerms wat iemand verhoed om dit te vat. Toe hy sien hy kom nie van buite reg nie, het hy deur die venster ingeseil en verder na iets gesoek om te steel. Die man is slegs met ’n skroewedraaier hier weg,” het Minnaar vertel.

Minnaar het ook bygevoeg dat die verdagte man die venster met ’n baksteen uitgegooi en so toegang tot die winkel verkry het.

Geen alarm het die man opgetel nie, aangesien hy agter die toonbank ingesluip en die alarm se ogie hom nie opgevang het nie.

“Daar is drie kameras binne en twee buite wat elke beweging van die verdagte opgetel het,” het Minnaar verder gesê.

Mnr. Gene Jacobs van Legacy het vertel hoe hulle ’n pasiënt na Life Cosmos Hospitaal geneem het en die venster gehoor breek het terwyl hulle die ambulans binne reggepak het.


Die verdagte het op sy maag by die venster ingeseil, na hy dit gebreek het.

“Ons het nader beweeg, dit was byna ons hele span en ons het die man agternagesit. Hy het ons gesien en in die veld in gehardloop, ons het hom gejaag, maar kon hom nie vastrek nie. Ek is net dankbaar die verdagte kon nie verder steel nie,” het Jacobs Dinsdag 20 Febrarie vertel.

In die beeldmateriaal kan gesien word dat die man geen handskoene aan het nie, en die polisie het ook kom vingerafdrukke neem. Die saak word verder ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version