CrimeNews

Verdagte in hegtenis na skietery

Die voorval het Sondag 18 Februarie in Watermeyerstraat plaasgevind.

Die polisie het ’n verdagte in hegtenis geneem na ’n skietvoorval waarin ’n man in die skouer gewond is.

Die voorval het Sondag 18 Februarie in Watermeyerstraat plaasgevind.


Die voertuig waarop twee verdagtes geskiet het op 18 Februarie in Watermeyerstraat. ’n Man is in die skouer getref.

Mnr. Jan Hendrik Ras, ’n lid van die AfriForum-buurtwag, was toevallig in die gebied toe hy ’n wit Toyota Tazz uit die parkeerterrein van Pick n Pay, Klipfontein sien jaag het met ’n ander voertuig agter hom aan.

LEES OOK

Rower noodlottig gewond in skietery

Skietery op snelweg vir aartappel-geld

“Ek het dadelik die voorval, wat nog voor my besig was om te gebeur, deurgeroep op die publieke Zello-kanaal en om hulp gevra. Daar was twee mans wat besig was om ’n man in sy voertuig aan te val toe ek die skote hoor en sien hoe die Tazz wegjaag,” het Ras gesê.

Hy het die voertuie agternagesit en op die hoek van Zenobia- en de Kockstraat het hy daarin kon slaag om die twee voertuie tot stilstand te bring. Die bestuurder van die Tazz was gewond en Ras het mediese hulp ontbied.

Lees die VOLLE BERIG in die week se uitgawe van die WITBANK NUUS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button