CrimeNews

‘Asseblief liewe Jesus, beskerm ons’

Dit was juis die gebed van ’n jong meisie wat daartoe bygedra het dat sy, haar sussie, haar vriendin en haar vriendin se sussie vandag hul storie kan vertel.

Gebed is die magtigste wapen en dit word oor en oor bewys.

Dit was juis die gebed van ’n jong meisie wat daartoe bygedra het dat sy, haar sussie, haar vriendin en haar vriendin se sussie vandag hul storie kan vertel.

“Asseblief liewe Jesus, beskerm ons op die pad en vat ons veilig huis toe,” was die woordelose gebed wat Razika Campbell (20) gebid het voordat sy en haar passasiers Vrydagaand 9 Februarie huis toe gery het van ’n kerk se jeugbyeenkoms af.

Toe Razika, haar sussie Quintessa (7), vriendin Ena Coetzee en haar sussie Risa op die OR Tambo-brug by die N4 afdraai stop en wag vir die verkeerslig om rooi te slaan het ’n man vanuit nêrens op hulle afgestorm.

“Die man het die ‘bubble’ van die karvenster afgeslaan en die venster afgeruk. Hy het in die kar ingepeul en Razika begin slaan,” het me. Lana Campbell Fourie, Razika se ma vertel.

LEES OOK

Nog ’n venster uitgeslaan by verkeerslig

Klipgooiers moontlik kapers

Razika het nie besef die man is agter ’n handsak en selfoon aan nie en het gedink hy wil die deur van binne af oopmaak om die kar te steel.

“Haar eerste gedagtes was om die ander drie meisies te beskerm. Sy het terugbaklei,” het Lana vertel.

Razika het gesê die man het die oorhand gehad en niemand het gestop om hulp aan te bied nie. Volgens haar het die man skielik opgehou en weggehardloop.

“Razika glo vas dat hy ’n engel gesien het, want niks het hom verhoed om haar verder te slaan nie. Hy was net skielik weg.”

“Ek het Jesus gevra om ons te beskerm en Hy het my gebed gehoor,” het Razika gesê.

Behalwe vir ’n paar kneusplekke en erge skok doen Razika en haar drie passasiers baie goed.

Motoriste word weereens gewaarsku om ekstra versigtig te wees as hulle by ’n verkeerslig of stopstraat stop.

Hierdie is die derde soortgelyke geval waaroor WITBANK NUUS berig.

Back to top button