MunicipalNews

Gemors besaai Langenhovenstraat

Inwoners van Langenhoven-en Longfellowstrate is moedeloos en raadop nadat hulle al byna vier jaar veg om die gemorshoop in die straat weg te kry.

Inwoners van Langenhoven-en Longfellowstrate is moedeloos en raadop nadat hulle al byna vier jaar veg om die gemorshoop in die straat weg te kry.

Mnr. Hans Kleynhans het Vrydag, 2 Februarie gesê dat wanneer die wind waai, al die gemors in Longfellowstraat inwaai.


Mnr. Hans Kleynhans is moedeloos met die gemors in Langenhovenstraat.

“Daar is ’n ‘no dumping’ bord opgesit, maar die gemors word skaars twee meter van die bord af gestrooi.”

LEES OOK

Iets ‘fishy’ in Klipfonteindam

Afriforum maak skoon

“Ek het nou die dag ’n vrou hier weggejaag. Sy kom laai ’n voertuigvrag swartsakke hier af en ek vra haar toe, wat die doel daarvan is. Sy sê toe dat die stadsraad nie die sakke by haar huis kom optel nie, so sy laai dit maar hier af. Dis belaglik,” het mnr. Kleynhans gesê.

Hy het ook bygevoeg dat die stank konstant in die area hang en die wind dit deurdra na hul huis toe, wat nie ver van die hoek af is nie.


Die gemors in Langenhovenstraat.

“Ek kry die mense in daardie huis jammer,” het hy gesê en gewys na die huis oorkant die pad. “Hulle huis lyk soos kersversierings wanneer die wind die gemors ronddra.”

Geen terugvoer is ontvang van die stadsraad teen druktyd nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button