Man doodgeskiet, rowers vlug met selfone en kontant

’n Man is wreed voor sy maat in die kop geskiet tydens ’n rooftog by hul huis.

’n Man is wreed voor sy maat in die kop geskiet tydens ’n rooftog by hul huis.

Gewapende rowers het Vrydag, 4 Februarie gevlug met twee selfone en ’n klein bedrag kontant.


Die toneel waar ’n man doodgeskiet is vir twee selfone en bietjie kontant. Die voorval het Sondag, 4 Februarie in Reynorif plaasgevind.

Die rowers het die man en vrou wat in die Eco Ridge kompleks in Reynorif woonagtig was, vroegoggend ingewag.
Hulle het gevat wat daar was en die vrou histeries gelos nadat hulle die man voor in die erf geskiet het.

“Ek het wakker geskrik van ’n groot lawaai en dadelik opgespring om te gaan kyk wat aangaan.” het ’n inwoner van die kompleks, Moninca Dyer gesê.

Sy het gesê dat sy na die eerste gil dadelik op die South African Community Crime Watch (SACCW) se Zello-kanaal om hulp geroep het.

LEES OOK

Wreed vermoor vir selfone

Oud inwoner vermoor

Met lede van SACCW en die gemeenskapspolisiëringsforum, asook die polisie se aankoms op die toneel, is die histeriese vrou gekalmeer voordat sy kon beskryf wat gebeur het.


Die toneel waar ’n man doodgeskiet is vir twee selfone en bietjie kontant. Die voorval het Sondag, 4 Februarie in Reynorif plaasgevind.

Die man was voor druktyd nog nie uitgeken nie en die vrou wat saam met hom was daardie aand, kon nie opgespoor word vir kommentaar nie.

“Die ondersoekbeampte is besig om die gebeure van daardie aand te ondersoek,” het die woordvoerder van Witbank Polisiestasie, sers. David Ratau ten slotte gesê.

Exit mobile version