CrimeNews

Voertuie een na die ander gesteel

Talle voertuie het nuwe ‘eienaars’ nadat dit gedurende verlede week gesteel is.

Talle voertuie het nuwe ‘eienaars’ nadat dit gedurende verlede week gesteel is.

Op Saterdag 27 Januarie omstreeks 21:00 het die slagoffer vanaf Lynnville na Jackaroopark gery.

Sy is liggies deur ’n ander voertuig gestamp en toe sy stop het vier mans haar bombardeer en gesê sy moet uit haar Golf 7 klim. Die ander man het haar beveel om agter in die kar te sit en die verdagtes het glo met haar rond gery tot by die Hertzogberge.

Hier is die slagoffer afgelaai en die verdagtes is glo weg na Bronkhorstspruit se rigting.

Nog ’n voertuig is gesteel in Bothalaan omstreeks 00:12 toe twee mense in die Land Rover gesit het.

Drie mans het die twee slagoffers oorrompel, een glo met ’n vuurwapen en die ander met ’n mes. Die rowers is weg met die voertuig en so ook die kontant wat binne was.

Geen arrestasies is gemaak nie.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/59838/gelukkige-einde-na-voertuig-gesteel-is/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/102873/drie-voertuie-gesteel-een-voertuig-amper-weg/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button