Polisie soek leidrade na plaashuis brand

Op die plaas Aangewys vertel die geraamte wat eens ’n huis was ’n hartseer verhaal.

Op die plaas Aangewys vertel die geraamte wat eens ’n huis was ’n hartseer verhaal.

Terwyl die inwoners van die plaashuis op vakansie was het diewe ingebreek en die huis aan die brand gesteek omdat hulle na bewering bang was dit hulle op die kamera-sisteem herken sou word.

Me. Jana Cronje het vertel dat sy en haar man, Larry en hul vier kinders Sondag 7 Januarie hul welverdiende vakansie begin het. Niks kon hulle voorberei vir die oproep die volgende aand nie.

Hul huis is op 8 Januarie moedswillig afgebrand.

Die moontlikheid bestaan dat die diewe moontlik net op soek was na kontant omdat waardevolle items soos die televisie en skootrekenaar saam met die huis gebrand het.


Die plaashuis op die plaas Aangewys wat op 8 Januarie moedswillig afgebrand is.

Die polisie se forensiese-afdeling van Pretoria het die toneel besoek om vaste stel waar die brand begin het.
Die Cronje’s bly al twee en ’n half jaar in die huis.

“Ons het die plaashuis opgebou van ’n bouval af. Nou moet ons weer begin,” het me. Cronje gesê.

Sy het almal bedank wat die aand gehelp het om die vlamme te blus en gesê dis vir hulle ’n riem onder die hart dat die gemeenskap so vinnig op die toneel was en hul huis probeer red het.

A.o. Nicky Swart is die ondersoekbeampte. As jy enige inligting oor die voorval het, skakel hom op 017 648 4713/4

LEES OOK

Huis brand af wyl gesin met vakansie is

Huis herbou na brand

Exit mobile version