Local newsNews

Wat moet gedoen word om OR Tambo veiliger te maak?

Lesers word genooi om met moontlike oplossings vorendag te kom oor hoe om motoriste te dwing om spoed om die draai te verminder.

’n Droë bloedkol en motorfiets-wrakstukke is die enigste stille getuies van die ongeluk wat die 69-jarige mnr. Danie Chapman die naweek geëis het.

Die Chapman-gesin sal nooit weer daardie pad kan ry sonder om herinner te word aan die ongeluk wat reg voor hulle gebeur het nie.
So ook is daar talle ander mense wat daardie draai op OR Tambostraat haat.

Êrens het hulle ook ’n geliefde op dié gevaarlike draai, wat as die “draai van die dood” bekendstaan, opgeoffer.
Vir jare al kla padgebruikers oor die pad.

Daar was al verskeie opsies oorweeg om motoriste te forseer om spoed om die draai te verminder. Van die opsies sluit ’n verkeerslig, spoedhobbels en verkeersirkels in.


Die draai op OR Tambostraat is lewensgevaarlik. Motoriste verminder nie spoed om die draai wat reeds soveel lewens geëis het nie.

“’n Verkeerslig gaan nie werk nie, die munisipaliteit sal die verkeerslig elke tweede dag moet kom vervang. ’n Spoedhobbel gaan meer ongelukke veroorsaak as motoriste skielik begin rem. Die beste wat die munisipaliteit daar kan doen is om verkeersirkels te plaas,” het mnr. John Cornish op ’n ongelukstoneel op dieselfde draai waar Chapman dood is, Dinsdag 16 Januarie gesê.

“Motoriste blyk om nie die draai met omsigtigheid te benader nie. Ons sal moontlikhede om motoriste te dwing om spoed op daardie pad te verminder ondersoek,” het mnr. Kingdom Mabuza, munisipale woordvoerder gesê.

Lesers word genooi om met moontlike oplossings vorendag te kom oor hoe om motoriste te dwing om spoed om die draai te verminder.

E-pos gerus voorstelle aan zita@witbanknuus.co.za.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/104903/motorfietslegende-sterf/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/104863/tambo-moet-dringend-aandag-kry/

Check Also
Close
Back to top button