Vulstasies is rowers se teiken

Witbank Polisie waarsku beide inwoners en vulstasie-eienaars oor die vlaag rooftogte die afgelope tyd in en rondom eMalahleni.

Witbank Polisie waarsku beide inwoners en vulstasie-eienaars oor die vlaag rooftogte die afgelope tyd in en rondom eMalahleni.

WITBANK NUUS het verlede week, 13 Januarie berig oor nege rooftogte wat vanaf middel Desember 2017 reeds plaasgevind het. Die afgelope week is nog vier rooftogte aangemeld.

Een van die voorvalle het op 8 Januarie omstreeks 22:54 by ’n vulstasie op die ou-Middelburgpad (R555) gebeur.

“Ons eienaar het vir ons gesê ons moet die deure sluit op ’n sekere tyd van die aand weens al die vorige rooftogte,” het Mduduzi Mbele Mashiloane, wat op diens was die aand, gesê.

Met die deure gesluit het twee onbekende mans opgedaag by die venstertjie om te vra vir ’n los sigaret waarop Mashiloane hulle weggewys het omdat die vulstasie nie los sigarette verkoop nie.


Die twee verdagtes wat moontlik betrokke was by ’n vulstasie-rooftog op 10 Januarie naby Ferrobank. Vier vulstasie-rooftogte het sedert 8 Januarie plaasgevind.

“Nadat ek hulle gesê het dat ons dit nie aanhou nie het die man my gevra vir ’n boksie vuurhoutjies. Ek het aan hom die vuurhoutjies gegee en dit opgelui. Toe die kasregister oopgaan het ek ’n harde geluid teen die venster gehoor en die vuurwapen wat deur die venster op my gerig is.”

Die rowers het aangedring op al die kontant waarop ’n derde verdagte sy verskyning gemaak het en ’n petroljoggie se foon gesteel het. Hulle het daarna op vlug geslaan.

Op 9 Januarie is ’n vulstasie in Uitbreiding 8 om 20:45 beroof. Die gebeure van die rooftog het om en by soos die vorige rooftog gebeur toe ’n verdagte in die vulstasie se winkel instap en vra vir los sigarette.

Lees die VOL BERIG in vandag se uitgawe van die WITBANK NUUS

LEES OOK

Polisie soek na vulstasie rowers

Nege vulstasie-winkels in ’n maand beroof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version