Local newsNews

Motorfietslegende sterf

Die jaar is slegs ’n paar dae oud en die pad van die dood het reeds een slagoffer geëis.

Die jaar is slegs ’n paar dae oud en die pad van die dood het reeds een slagoffer geëis.

Mnr. Danie Chapman (69) is Sondag, 14 Januarie dood in ’n ongeluk toe sy geel Suzuki motorfiets op OR Tambo Straat met ’n bakkie gebots het.


Die ongelukstoneel waar mnr. Danie Chapman Sondag 14 Januarie dood is.

Me. Marlize Smith, ’n ooggetuie het vertel dat sy moes swenk om nie oor Chapman te ry, wat met die impak van die ongeluk, die lig in geslinger is nie.

“Ek het van Spar se kant afgekom en waar Monastraat by OR Tambostraat aansluit het die motorfietsryer voor my gedraai. Toe ons om die draai kom het dit gelyk of die motorfiets begin gly en dit het voor ’n aankomende bakkie ingegly. Met die impak is die man die lug in geslinger en het hy voor my kar te lande gekom,” het sy gesê.


Mnr. Danie Chapman is Sondag 14 Januarie in ’n motorfietsongeluk dood.

Die insittendes van die bakkie, me. Marlene Kunnear en mnr. Clint Olivier is by ’n gastehuis in die stad werksaam. Hulle was op pad van die ou-Middelburgpad af na die gastehuis, toe die ongeluk gebeur het.

’n Enkele traan het oor me. Miemmie Chapman se wang gerol terwyl sy oor haar man praat.

“Ek mis Chappies alreeds. As ek nog eenkeer met hom kon praat sou ek sê: ‘Ek is lief vir jou’”


Mnr. George Sibanyoni word deur mnr. Gavin Cooper van Legacy Emergency Specialists behandel na die ongeluk op die OR Tambo-draai.

Sy het reg agter Chapman gery toe die ongeluk plaasgevind het.

Lees die VOL BERIG in vandag se uitgawe van die WITBANK NUUS

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/104863/tambo-moet-dringend-aandag-kry/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/42101/vier-beseer-na-ongeluk-op-or-tambo/

Check Also
Close
Back to top button