Polisie soek na vulstasie rowers

Die Witbank Polisie ervaar tans ’n vlaag van besigheid rooftogte, sedert Desember 2017 is meer as nege voorvalle gerapporteer.

Die Witbank Polisie ervaar tans ’n vlaag van besigheid rooftogte, sedert Desember 2017 is meer as nege voorvalle gerapporteer.

Op 18 November het twee gewapende mans in ’n vulstasie op die R555 (ou-Middelburgpad) ingestap en voorgekom as kliënte.

Die eerste verdagte het binne die kitswinkel gekom met ’n sak op sy rug waarop die ander een na hom inbeweeg het.

“Ek het die mense dopgehou en niks veel gedink nie want die een man is na die koeldrank yskas toe. Hy het reguit na my by die kassier geloop en ’n R20 noot uitgehaal. Die ander verdagte het toe nader gestap en soos ek die kasregister oopmaak toe ruk hy ’n vuurwapen uit sy sak uit,” het die kassier op diens vertel.

Die twee booswigte het op vlug geslaan.


Die twee verdagtes wat verbind word met ’n vulstasie roof op die R555.

Nog ’n insident by dieselfde vulstasie op 8 Januarie het gebeur toe mnr. Mduduzi Mbele Mashiloane op diens was.

“Ons eienaar het vir ons gesê ons moet die deure sluit op ’n sekere tyd van die aand weens al die vorige rooftogte,” het hy gesê.

Met die deure gesluit het twee onbekende mans opgedaag by die venstertjie om te vra vir ’n los sigaret waarop Mashiloane hulle weggewys het omdat die vulstasie nie los sigarette verkoop nie.

“Nadat ek hulle gesê het dat ons dit nie aanhou nie het die man my gevra vir ’n boksie vuurhoutjies. Ek het aan hom die vuurhoutjies gegee en dit opgelui. Toe die kasregister oopgaan hoor ek ’n harde geluid teen die venster en sien die vuurwapen wat gerig is deur die venster op my,” het Mashiloane ook gesê.

Die rowers het aangedring op al die kontant waarop ’n derde verdagte sy verskyning gemaak het en ’n petroljoggie se foon gesteel het. Hulle daarna op vlug geslaan.

“Enige persone wat inligting het kan gerus in kontak kom met die SAPD. Enige persoon wat die verdagtes kan uitken word versoek om a.o. Fanie Simelane te kontak op 071 056 7630,” het die woordvoerder van Witbank Polisie, kapt. Eddie Hall ten slotte gesê

LEES OOK

Nege vulstasie-winkels in ’n maand beroof

‘Total’ chaos

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version