Huis brand af wyl gesin met vakansie is

Die polisie se forensiese afdeling van Pretoria het die toneel besoek om vas te stel waar die brand begin het.

’n Boer en sy gesin van Kriel se vakansie is onderbreek toe hul plaashuis na ’n inbraak aan die brand gesteek is.

Me. Jana Cronje het vertel dat sy en haar man, Larry en hul vier kinders op vakansie by Jozini Dam was, toe hulle ’n oproep ontvang het waarin daar vir hulle gesê is dat hul plaashuis op die plaas Aangewys op die Kriel-Bethal pad Maandag 8 Januarie moedswillig afgebrand is.

Volgens Kriel polisie was daar vroeër die aand ’n inbraak en die vermoede bestaan dat die diewe bang was dit hulle op die kamerasisteem herken sou word en daarom het hulle die huis afgebrand.

Die ondersoek het gewys dat die diewe moontlik net opsoek was na kontant omdat waardevolle items soos die televisie en skootrekenaar saam met die huis gebrand het.

Die polisie se forensiese afdeling van Pretoria het die toneel besoek om vas te stel waar die brand begin het.

“Ons huis is vernietig en saam met dit is al ons herinneringe soos foto’s en saak-maak goedjies. Maar wat die gemeenskap gedoen het sal ons nooit vergeet nie. Daar was ongeveer 50 mense by die huis wat probeer het om die vuur te blus. Aan almal wat gehelp het wil ons net sê, julle is skatte van Bo,” het me. Cronje gesê.

Die Cronje-gesin bly al twee en ’n half jaar in die huis.

Lees die volle artikel in die volgende WITBANK NUUS.

LEES OOK:

House burns down, with no sight of eMalahleni’s fire brigade

Family memories perish in the fire

Exit mobile version