News

Wat het van die orrel geword?

Vandag is daar nie meer opvoerings en konserte nie en die orrel ... wie weet?

Jare terug toe opvoerings nog die stadsteater se verhoog omhels het, toe daar gereeld konserte gehou was, toe inwoners nog kon optof en na glansgeleenthede daarheen gaan, was daar ’n orrel wat se klanke deur die gebou weergalm het.

Vandag is daar nie meer opvoerings en konserte nie en die orrel … wie weet?

Mnr. Pieter Greef, ’n man wat ’n uitsonderlike liefde vir orrels het, het WITBANK NUUS genader om uit te vind waar is die orrel wat eens so trots en statig in die stadsteater gestaan en almal met haar klanke betower het.

“Sover my kennis strek was die orrel deur die destydse Transvaalse administrasie geskenk. Ek was by die inhuldiging konsert van die orrel,” het Pieter gesê.

Volgens Pieter is die orrel in 1920 in die Capital Teater geïnstalleer. Nadat die teater se deure toegemak het, is die orrel in ’n kelder gestoor tot sy na die destydse Witbank gebring is.

Gerugte is dat die orrel van die van die hidroliese hyser afgeval het en nou êrens in water onder die stadsteater lê.

As daar enige iemand is wat meer inligting of ou foto’s van die orrel het word hulle gevra om asseblief vir Zita Goldswain, assistent redakteur vanWITBANK NUUS te skakel op 013 656 2490 of te epos na zita@witbanknews.co.za.

Back to top button