Touch of Class sing vir bejaardes

Touch of Class tree op 26 Januarie by The Venue by The Ridge op.

Touch of Class gaan 2018 op ’n vrolike noot afskop vir die bejaardes van Immergroen Ouetehuis.

Die duo, wat bestaan uit Ruhan du Toit en Deon van der Merwe, se kontemporêre klank sal aanklank vind by jonk en oud.

Deon se instrumentele vernuf en Ruhan se veelsydige vieroktaaf-stem is die perfekte pasmaats en, na 12 albums saam, vermaak hulle gehore met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras, wat wissel van ‘Country’, ‘Klassieke Rock’, ‘Rock ’n Roll’ en ‘Pop’ tot klassieke musiek, ‘Blues’ en ander tradisionele musiekstyle.

Touch of Class tree op 26 Januarie by The Venue by The Ridge op.

Deure open om 18:00 en die optrede begin om 19:00.

Kaartjies is onderskeidelik R150 en R200 elk.

Die R200 kaartjies kry ’n knibbel-kardoesie saaam.

’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Skakel vir Babsie Wentzel vir meer inligting: 013 690 2793 of 081 755 8689.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version