News

Moeilikheid makers van eMalahleni in Mosselbaai vasgetrek

Die nuus het aan die lig gekom na die eienaar van die motorfietse om hulp gaan vra het by die SACCW (South African Community Crime Watch).

Drie motorfietsdiewe wat in eMalahleni woonagtig is, is in Mosselbaai vasgetrek.

Net soos die Nuwejaar sy laaste koebaai sê is drie verdagtes in hegtenis geneem na hul twee motorfietse in Klerksdorp, Noord Wes gesteel het vroeg in Desember 2017.

Die nuus het aan die lig gekom na die eienaar van die motorfietse om hulp gaan vra het by die SACCW (South African Community Crime Watch).

“Ek het op 7 Desember ’n oproep van die gesteelde motorfietse se eienaar gekry waarop hy my ingelig het van twee motorfietse wat gesteel is by sy besigheid. Verder het hy vertel van drie verdagte ‘kopers’ wat enkele dae voor die diefstal by sy motorfietswinkel opgedaag het,” het Maureen Scheepers van SACCW vertel. Soos die storie verder verwikkel het, het dit neergekom op drie inwoners van eMalahleni wat na bewering die misdaad gepleeg het.

Na verdere ondersoek het die eienaar by elke moontlike petrolstasie gaan aanvra vir CCTV bandmateriaal met die hoop om die boewe vas te trek.

Met sukses is die drie verdagtes op ’n petrolstasie naby die Vrystaat gesien met die twee gesteelde motorfietse.

“Ons het dadelik aan die werk gespring om hulle vas te trek maar hulle was skoonveld. Na ’n week het ek ’n oproep ontvang dat die trawante opvlug geslaan het en hulself in Mosselbaai, Wes Kaap bevind,” het Scheepers bygelas.

Omdat SACCW nasionaal bekend is, is die saak aan die SAPD in Mosselbaai oorgegee om verdere stappe te neem. Voor die polisie op die drie verdagtes kon toesak het daar op 22 Desember in die vroeë oggendure ’n vrou in Mosselbaai Polisiestasie gekom wat die hele insident tot ’n punt gebring het.

Sy het ’n saak van diefstal gerapporteer oor ’n verdagte wat haar bankkaart gesteel het om dwelms te koop.

Die polisie is saam die vrou na die gegewe adres toe waar hulle afgekom het op twee mans wat in ’n huurkamer lê met dwelms in hul besit.

Die twee dwelmgebruikers is op toneel in hegtenis geneem, by die polisiestasie het dit ook uitgekom dat dié twee gearresteerde mans gesoek word saam die vrou wat die klag gaan lê het vir die diefstal van nie net twee motorfietse nie maar vier. Die ander twee is glo in Stilfontein, Noord Wes gesteel.

Op 27 Desember is die drie verdagtes vervoer na Klerksdorp om in die hof te verskyn op 5 Januarie.

Hulle het in Klerksdorp Landdros Hof verskyn en die saak is uitgestel na 12 Januarie en hulle is steeds in aanhouding.

Check Also
Close
Back to top button