Local newsNews

AfriForum gee lig by Immergroen

Daarom het die plaaslike tak besluit om vier spreiligte te borg en op te sit by SAVF Immergroen.

Veiligheid is ’n groot prioriteit van AfriForum. Alf Friess (AfriForum Witbank takvoorsitter) het met verskeie besoeke agtergekom, dat die straat voor by die hek baie donker is.

Daarom het die plaaslike tak besluit om vier spreiligte te borg en op te sit by SAVF Immergroen.

“Dit het my bekommer, dat die pad donker in die aande is. Dit is ’n veiligheids risiko,” het Friess gesê.

“Ons het Witbank Handy Man Services, genader om die ligte vir ons op te sit en op te koppel. Drie ligte was opgerig, by die hek om die straat te belig. Een lig was opgerig, om die ingang te belig wat na die siekeboeg toe lei. Die is nog een van ons takprojekte, om ’n verskil in ons stad te maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button