CrimeNews

‘Samaritaan’ val man aan

’n Man het aan polisie vertel hoe sy saamrygeleentheid in ’n nagmerrie ontaard het.

’n Man het aan polisie vertel hoe sy saamrygeleentheid in ’n nagmerrie ontaard het.

Op Maandag 4 Desember het die slagoffer ’n rygeleentheid gekry saam ’n man en vrou in ’n rooi Audi A3.

Die slagoffer het aan die polisie vertel dat die vrou bestuur het, en hy het agter ingeklim, met sy tas. Maar kort na hy in die voertuig geklim het, het die man wat glo ’n passasier was, vir die slagoffer gesê om uit te klim en sy sak te los.

Paniekbevange, het die man na sy sak gegryp om uit te klim maar ’n vuurwapen is in sy rigting gerig en die voertuig se deur is glo oopgemaak en hy het uitgeval.

Die slagoffer het beserings opgedoen, en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Geen arrestasies is nog in hierdie verband gemaak nie en die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/98332/samaritaan-aangeval/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/98766/nuusflits-man-op-plot-aangeval/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button