Björn is ’n klein vegtertjie

Bianca en Terry Scheepers het op 20 April 2016 nie gedink hul bondeltjie liefde gaan sy verskyning maak nie en is toe op 36 weke in die lewe gebring.

Bianca en Terry Scheepers het op 20 April 2016 nie gedink hul bondeltjie liefde gaan sy verskyning maak nie en is toe op 36 weke in die lewe gebring.

Die seuntjie, met ogies wat jou met oogslag verlief maak, is prematuur gebore na hy drie weke se groei agter was.

“Wat die dokter vir ons met sy geboorte gesê het, het ons lewe tot stilstand geruk,” het Bianca hartseer vertel.

Hy is met ‘n Hidrokefalie gebore, wat oormatige produsering van serebrale vloeistof inventarisse in die brein behels.

“Die dokter het al op 28 weke met my swangerskap reeds hierdie simptome opgetel,” het sy bygelas.

Met die geboorte was Björn is hy reguit na die intensiewe-eenheid toe waar hy op ’n ventilator gekoppels is. Die twee nuwe ouers is ingelig dat sy longe onderontwikkel is en dat een van sy longetjies platgeval het.

Na 23 dae is Björn ontslaan, maar twee weke na hy ontslaan is en maar ’n skraal vyf weke oud het opgehou asemhaal.

“Hy het heeltemal bloupers geword en ons moes mond-tot-mond asemhaling gee terwyl my man histeries gehaas het na die hospitaal waar hy bygebring is.
Hy was twee weke daarna baie siek waarna hy weer blou geword het en toe twee weke in die intensiewe-eenheid spandeer het op suurstof as gevolg van ’n virus.

Van daar af was die gesinnetjie nege keer in totaal met Björn hospitaal toe met longontsteking en brongitis omdat een long nog steeds plat is.

“Sy koppie het aanhou bult en vol geword en op vyf maande het hy ‘n Endoscopic Third Ventriculostomy (ETV) gekry waartydens hulle ‘n gaatjie in die vlies maak in die brein,” het sy verder vertel.


Björn Scheepers.

Op sewe maande het Björn ‘n ‘VP-shunt’ gekry wat ’n pompie binne in die brein is wat water dreineer en uitskei in die maag deur middel van ’n pypie.

Asof die nuus nie nog erger kon word vir die gesin nie is Björn ook met stil reflux gediagnoseer na geboorte en moes hy op spesiale melk en medisyne gaan.

In Januarie hierdie jaar het die klein Björn erg begin opgegooi en het sy kop baie gebult. Sy ouers het hom na ’n neurochirurg geneem waarna hy opgeneem is vir bloeding op brein. In Junie is dreineringsbuisies ingesit en ‘n ‘sist’ isverwyder op sy neusbrug wat begin het op die ouderdom van drie maande.

“Uit desperaatheid omdat ons van Maart die jaar omtrent elke tweede week in die hospitaal was is ek verwys na ’n pediatriese pulmonoloog toe wat Björn op pompies gesit het om te help om die lugweë oop te hou,” het sy gesê.

Daar het die moedelose mamma uitgevind dat sy hart vergroot is aan die linkerkant en geroteer is, moontlik oor die plat long, maar die hart funksies is alles normaal. Die neuroloog het onlangs gesê dat sy breinstam en klein brein misvormd is, maar geen sindroom of iets is bevestig nie.

Wat wel gesê is, is dat die dokter daarna sal kyk in fyner besonderhede as hy weer ‘n MRI skandering doen.

“Ons was verlede week weer terug by die pediatriese chirurg wat probeer help omdat hy nog sukkel met reflux en swak gewigstoename het. Hy was vir ’n laring-; bronko- en gastroskopie maar die dokters kon niks fout gevind soos lekkasie of iets nie. Mens probeer alles doen om jou kind te help,” het sy sag gesê

Hy moes ook van Augustus af brilletjies kry, want hy is versiende en kyk skeel sonder hulle.

Afgesien van al sy probleme is hy die vriendelikste, maklikste en braafste baba wat altyd glimlag.

“As ‘n ma is dit baie hartseer en frustrerend om te sien hoe jou babatjie elke keer deur soveel pyn moet sit. Mens het heeltyd al hierdie vrae en jy voel soos ‘n slegte ouer, want jy moet kies tussen boetie in die hospitaal en sussie by die huis,” het Bianca ten slotte gesê.

LEES OOK

Miané is sterk op pad na genesing

Karate-boeties is wêreldklas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version