CrimeNews

Beroof van selfone, kort na oopmaaktyd

’n Selfoonwinkel by die taxistaanplek is beroof, kort na hul oopgemaak het verlede week.

’n Selfoonwinkel by die taxistaanplek is beroof, kort na hul oopgemaak het verlede week.

Die voorval het Sondag, 10 Desember plaasgevind terwyl die werknemers besig was om die voorraad uit te pak.

Die eienaar van die selfoonwinkel het aan polisie vertel dat ’n man ingekom het en gevra het om na een van die selfone in die vertoonkas te kyk. Die man het een van die werknemers daarna aangerand en met ’n vuurwapen gedreig.

Die werknemer is ook met plastiek kabelbinders vasgemaak en die verdagte het die kluis se sleutels gevra.

Die verdagte het kontant uit die kluis gevat, asook twee selfone en ’n kliënt se selfoon wat reggemaak moet word.

Dit het eers later aan die lig gekom dat daar meer as een verdagte was, aangesien twee ander werknemers ook met plastiek kabelbinders vasgemaak is.

Geen arrestasies is nog in hierdie verband gemaak nie en die polisie ondersoek steeds ’n saak van besigheidsroof.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/80532/besighede-beroof-eienaars-moet-skadegeld-opdok/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/92379/beroof-van-kontant-en-selfoon/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button