CrimeNews

Trok teruggekry na man beseer is

’n Man het aan polisie vertel hoe hy in ons stad deur vermeende rowers aangerand is.

’n Man het aan polisie vertel hoe hy in ons stad deur vermeende rowers aangerand is.

Op Maandag 27 November het die bestuurder van ’n trok vertel dat hy omstreeks 19:00 op die snelweg gery het toe hy gestop is deur mans met polisie uniforms en flitsligte.

Die ‘beampte’ het glo na sy deur geloop, maar intussen het drie mans by die passasiersdeur ingeklim en begin om hom te wurg. Hy het aan polisie vertel dat hy die mans probeer afveg het, maar iemand het hom met iets oor die kop geslaan en ook op sy lyf, wat hom lam gemaak het.

Die verdagtes het die slagoffer se hande agter sy rug vasgemaak en hom deursoek. Hulle het sy vuurwapen en beursie gevat. Die slagoffer is in ’n veld afgelaai, waar een man heeltyd by hom was.

Dié man het kort daarna ’n oproep ontvang waarna hy die slagoffer verlaat het.

Die slagoffer het homself losgemaak en ’n sekuriteitsbeampte in die area gesien wat hom na die polisiestasie geneem het.

Die trok is teruggekry na die opsporingstoestel gevolg is, maar geen arrestasies is nog gemaak nie.

ALSO READ

https://www.citizen.co.za/witbank-news/102107/rowers-slaan-toe-na-braai/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/93899/lewe-beslis-meer-werd/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button