Blou BMW-bende maak amok

eMalahleni staan bekend as die misdaadkapitaal vir 2017 en die afgelope week het die syfer nog hoër gestyg na drie huis rooftogte.

eMalahleni staan bekend as die misdaadkapitaal vir 2017 en die afgelope week het die syfer nog hoër gestyg na drie huis rooftogte.

Die afgelope week het verdagtes, wat gebruik maak van ’n blou BMW as wegkom-voertuig, op verskeie huise in die stad toegeslaan en geplunder.


Die blou BMW wat verbind word met ’n bende wat verskeie rooftogte in die stad uitgevoer het.

Dinsdag, 14 November het drie gewapende verdagtes by ’n huis in Shillstraat, Reynorrif ingebreek. Twee persone wat in die huis was is met ’n vuurwapen gedreig, maar die slagoffers se hulpkrete het die verdagtes laat besluit om liewer die hasepad te kies. Hulle het in ’n blou BMW gevlug.

In ’n ander voorval op dieselfde dag het die einste blou BMW met ’n onbekende registrasieplaat voor ’n huis in Judystraat, Modelpark gestop . Die verdagtes het die hek self oopgemaak en met die voertuig in die motorhuis in gery. Daarna het hulle twee slagoffers in die huis oorval en aangehou met vuurwapens, dié keer was vier verdagtes betrokke.

Die twee slagoffers, wat verkies om anoniem te bly, beweer dat die mans al te gemaklik hulle huis leeggedra het. Na die rooftog het die South African Community Crime Watch (SACCW) ’n dringende boodskap op sosiale media gedeel waar hulle die inwoners gewaarsku het om op die uitkyk te wees vir die blou BMW.

Drie dae na die nuus van die bende versprei is, het hulle weereens toegesak op ’n huis in Gazoniastraat, Hoëveldprk waar ’n weerlose vrou die slagoffer was.


Die blou BMW wat verbind word met ’n bende wat verskeie rooftogte in die stad uitgevoer het.

“Ek was alleen by die huis toe ek ’n klop aan die deur hoor. Ek het met die trappe afgekom waarop ’n man se stem van buite hard gevra het, wie by die huis is,” het die dame aan die polisie vertel.

Sy het genoem dat sy ’n blou voertuig buite opgemerk het. Die boosdoeners het die huis leeg gedra voor hulle gevlug het.

In al drie gevalle het die verdagtes klapmusse gedra.

*Op Sondag, 19 November is daar ’n identiese blou BMW in Brakpan, Gauteng opgespoor wat verlate gestaan het. Na verdere ondersoek het die personeel van Track It gevind dat daar ’n saaknommer van eMalahleni verbind word met die voertuig. Die saak is oorgegee aan die polisie in Brakpan.

LEES OOK

BMW bende teiken Ben Fleur

Rowers nie bang om te skiet nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version